Michelle Dockery
Het jy gehoor?

Michelle Dockery se verloofde se kankerdood

Die Downton Abbey-ster Michelle Dockery se 34-jarige verloofde is Sondag dood ná hy sy stryd teen ’n seldsame tipe kanker verloor het, berig People.

Die donkerkop was by John Dineen, ’n Ierse finansiële skakelbeampte, toe hy oor die naweek gesterf het. Kanker is vroeër die jaar by hom gediagnoseer.

Michelle het in ’n persverklaring die publiek vir hul ondersteuning bedank en hul vriendelik versoek om haar toe te laat om buite die media kollig te rou.

Volgens E! Online was John gister, ’n dag voor sy 35ste verjaardag, in Ierland begrawe. Michelle het hulde aan haar “held” gebring deur ’n toespraak te lewer en “The Folks Who Live on the Hill” te sing.

Die paartjie het in September 2013 begin uitgaan ná die Downton Abbey-akteur Allen Leech hulle aan mekaar voorgestel het.

Bronne: People en E! Online

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!