Michelle Dockery by die Golden Globes vroeër vanjaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Michelle Dockery: van Downton Abbey tot aksiester

Michelle Dockery het bekend geword op die kassie as Lady Mary Crawley in die gewilde Britse reeks Downton Abbey. Hierin speel sy ’n ware dame, maar nou het sy die skuif gemaak na aksieheldin.

Die Britse tydskrif Hello! het met Michelle Dockery gepraat oor haar groot skuif van Britse dame na Hollywood-aksiester teenoor Liam Neeson (Taken) and Julianne Moore (Crazy, Stupid, Love) in die Hollywood-riller Non-stop.

Hierdie skuif het gerugte aangewakker dat Michelle Downton Abbey gaan verlaat en haar karakter uit die reeks sal gaan.

Maar sy bevestig aan Hello! dat sy beslis nie dié reeks gaan verlaat nie – oftewel nie voor die einde van die vyfde reeks nie. Want die filmwêreld, veral aksierolprente, begin al hoe meer aanloklik lyk – veral as sy saam met groot name soos Lian en Julianne kan werk. Kyk na die video van Michelle se onderhoud met Hello! hier.

Michelle Dockery as Lady Mary en Dan Stevens as Matthew Crowley

Michelle Dockery as Lady Mary en Dan Stevens as Matthew Crowley

Non-stop gaan oor ’n lugmaarskalk (Liam) wat tydens ’n vlug boodskappe ontvang waarin hy afgepers word – of die lugdiens moet miljoene betaal, of die passasiers se lewe is in gevaar … Michelle is een van die lugwaardinne in dié spanningsvolle film. Dit is haar eerste groot rol in ’n Hollywood-film.

* Die derde reeks van Downton Abbey herhaal vanaf Woensdag, 2 Julie, om 02:15 op BBC Entertainment (DStv-kanaal 120) – perfek om die PVR te stel!

Bronne: Hello! en Imdb.com