FOTO: Chuck Kennedy

FOTO: Chuck Kennedy

Het jy gehoor?

Michelle Obama bemark Justin Bieber se nuwe liedjie

Dit lyk asof selfs die presidentsvrou van Amerika, Michelle Obama, ’n Justin Bieber-aanhanger is, berig Billboard! 

Volgens Entertainment Weekly het Michelle as deel van haar bewusmakingsveldtog #BetterMakeRoom, wat op die belangrikheid van opvoeding en geleenthede vir jongmense fokus, ’n paar interessante persoonlikhede na die Withuis genooi om dít te bemark.

Dié video is later op Twitter gedeel, wat ook ’n paar sekondes van Justin se nuwe liedjie insluit.

Kyk hier na die video wat die Amerikaanse jeug motiveer om universiteit toe te gaan. 

Justin se nuwe liedjie, “Sorry”, word amptelik môre bekend gestel. Hier is solank ’n lusmaker.

Bronne: Billboard en Entertainment Weekly

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER in vir dié kompetisie