FOTO Instagram / @latelateshow

FOTO Instagram / @latelateshow

Het jy gehoor?

Michelle Obama in ‘Carpool Karaoke’

Kyk wie gee vir die komediant James Corden ’n private toer van die Withuis in Washington: Niemand anderste as Michelle Obama nie!

Michelle het gister in The Late Late Show with James Corden (beskikbaar op ShowMax) se gewilde insetsel “Carpool Karaoke” verskyn.

Carpool Karaoke begin gewoonlik met James wat werk toe ry terwyl hy reeds laat is, of aan’t verdwaal is.

Dié keer is dit bietjie anders. Hy besluit om ’n toer van die Withuis te onderneem en tot sy skok klim Michelle aan die passasierskant in. Saam luister hulle musiek en gesels. Vir Michelle was dit glo ook ’n bederf, want dis die tweede keer in sewe jaar dat sy in die passasiersitplek sit.

En ’n bekende kletsrymer maak ook haar verskyning!

Kyk die video hier:

Lees nou

‘Carpool Karaoke’ – die 6 bestes

Die Olimpiese Spele van kos is hier