FOTO Instagram / @barackobama

FOTO Instagram / @barackobama

Het jy gehoor?

Michelle Obama red dié keer die president

Agter elke man staan sy vrou. Maar in die Amerikaanse president, Barack Obama, se geval is dit sy vrou, Michelle, én haar kredietkaart. Sy moes onlangs die rekening betaal toe Barack se kredietkaart geweier is. 

Die Amerikaanse president het by ’n mediageleentheid vertel hoe sy kredietkaart geweier was toe hy en Michelle onlangs uitgegaan het vir ete. Die bankdienste het glo kredietkaartbedrog vermoed, maar dit was toe gelukkig nie die geval nie.

“Ek het vir die kelnerin verduidelik dat ek op datum is met al my rekeninge. Gelukkig het Michelle haar kaart byderhand gehad,” het hy geskerts.

Sowat 100 miljoen Amerikaners is reeds die afgelope jaar deur identiteitsbedrog geraak, berig BBC. Nou het dit selfs met die land se president gebeur.

Kyk die video hier waar Barack Obama van die voorval vertel:

Lees nou

Die KFC-resep, ons toets dit!

Die een naelkleur wat by álles pas?

Kim Kardashian maak vrede met haar velsiekte