twitterinhuldiging
Het jy gehoor?

FOTO’S: Michelle Obama lyk (soos altyd) stylvol by inhuldiging

Die inhuldiging van Barack Obama se tweede termyn as president het vanoggend voor ’n groot skare in Washington plaasgevind. Die Suid-Afrikaanse sangeres, Lira, is uitgenooi om later vanaand by dié geleentheid op te tree. Sy gaan onder meer haar bekende lied “Ngiyazifela” vir die Obama-egpaar sing – wat beteken om verlief te wees.    

Michelle en Barack Obama

Michelle het Sondag by die privaat-inswering in die Blou Kamer van die Withuis ’n donkerblou Reed Krakoff-rok gedra.

Ná die inswering (op Michelle se ouma se Bybel) het Barack vir sy vrou ’n drukkie gegee en vir haar gesê: “Ek het dit gedoen”.

Sy 11-jarige dogter, Sasha het gesê: “Goeie werk, Pa.

Vir Barack se inhuldiging in 2009 het Michelle ’n wit een-skouer Jason Wu-rok gedra wat so ikonies geword het dat dit aan die Smithsonian-museum geskenk is. Dié rok het Jason Wu se gewildheid nuwe hoogtes laat inskiet.

Verskillende ontwerpers het húlle voorspellings vir haar rok geskets.

Ontwerpers se voorspelling van Michelle se rok

‘n Nuwe kuif vir Michelle!

Michelle se nuwe kuif

Michelle het Vrydag haar 49ste verjaarsdag  gevier met ’n nuwe Twitter-blad én ’n nuwe stylvolle haarstyl.

Michelle se nuwe Twitter-blad het binne die eerste vier uur nadat dit begin is, reeds 29 000 volgers gehad. Haar Twitter-naam is @FLOTUS wat die akroniem is vir “First Lady of the United States”.

Michelle se personeel sal haar Twitter-blad behartig, tensy ’n twiet met “mo” afgesluit word. Hierdie was haar eerste twiet:

@FLOTUS se eerste twiet

Michelle het reeds ’n ander Twitter-blad (@MichelleObama), maar dié word slegs gebruik vir geleenthede wanneer sy die vrou van ’n presidentskandidaat is. Daarom is dié blad relatief stil sedert die verkiesing. Op die nuwe blad twiet sy in haar kapasiteit as die huidige presidentsvrou.  

Die eerste foto wat op haar nuwe Twitter-blad gelaai is, wys haar nuwe kuif. Michelle, wat beskou word as een van die stylvolste vroue ter wêreld, lyk in ons opinie pragtig.

En sy het ook Amerikaners se guns gewen. ’n Nuwe peiling wys dat 51% van die Amerikaanse bevolking ’n gunstige opinie van haar het, terwyl net 13% nie veel van haar dink nie. Die res is nog besluiteloos hoe hulle oor haar voel.

Maar daar is geen aarseling by ons nie. Ons dink Michelle en President Obama is ’n pragtige paartjie. Kyk net die prettige foto’s wat hy getwiet het om haar geluk te wens:

Obama wens Michelle geluk met dié foto's

  • Amelia

    Baie mooi en stylvol.

  • RITA SCOTT

    Sy lyk stunning!!!