Meryl Streep FOTO: Gallo Images / Getty Images

Meryl Streep FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Michelle Obama voer ’n onderhoud met Meryl Streep

Die presidentsvrou van Amerika, Michelle Obama, het vir die nuutste uitgawe van die tydskrif Move haar lyf redakteur gehou. As deel van haar take as gas-redakteur het sy die Oscar-bekroonde aktrise Meryl Spreep genooi vir ’n koppie tee in die Withuis, berig die Amerikiaanse Elle

Hier is van die hoogtepunte van hul gesprek:

Meryl Streep: “My ma het my bemagtig deur vir my te sê ek kan enigiets doen waarop ek besluit. Sy het nooit gesê ek is wonderlik nie, sy het net gesê as jy hard werk, kan jy enigiets doen.”

Michelle Obama: “Ek wil hê verdere studies ná hoërskool moet vir meisies ’n prioroteit wees. Hoërskool-opleiding moet nie vir hulle ’n eindbestemming wees as dit by opvoeding kom nie.”

Meryl Streep: “Dit is baie goed om uitdagende situasies te visualiseer. Ek verbeel my hoe ek iets doen waarvoor ek nie kans sien nie om daarvoor voor te berei. As ek my sin gehad het, het ek net by die huis ontspan en gedink aan wat ek vir aandete wil eet.”

Michelle Obama: “Vroue veroordeel mekaar te maklik. Almal is anders en het ander behoeftes. Sommige vroue wil tuisbly en hul kinders self grootmaak en ander wil ’n loopbaan hê.”

Bron: Elle US

Lees ook