Het jy gehoor?

Michelle Pfeiffer deel verhaal van haar jeug

Deesdae voel dit asof veral jong vrouesterre vinnig die pot mis sit sodra hulle bekendheid verwerf. Maar dít is niks nuuts nie. Die 55-jarige Michelle Pfeiffer het onlangs vertel watter kronkelpad sy in haar jongdae in Hollywood gestap het.

Toe sy 20 was, was sy deel van die breatharian-beweging – ’n groep wat glo dat jy al jou proteïene kry deur die son en daarom nie hoef te eet of te drink nie, het sy aan The Sunday Telegraph vertel. Sy het onder die invloed van ’n onbekende paartjie met dié leefstyl geëksperimenteer.

“Hulle wou my beheer. Ek het nie saam met die paartjie gebly nie, maar ek was baie by hulle, en ek moes elke keer betaal. Dit het my baie geld gekos.”

Nadat sy met iemand gepraat het wat uit ’n kultus ontsnap het, het sy besef dat dit is presies waarmee sy besig is. Haar man op daardie stadium, Peter Horton, het ook gehelp dat sy die lig sien.

Michelle skryf haar optrede toe aan naïwiteit en omdat sy op daardie stadium iets meer uit die lewe gesoek het. Gelukkig het sy vroeër eerder as later besef dié paadjie is die verkeerde een!

Lees hier hoe Michelle haar jeugdige voorkoms kry

Bron: Contactmusic