Mick Jagger en sy ontslape lewensmaat, L'Wren Scott

Het jy gehoor?

Mick Jagger word oupagrootjie

Sir Mick Jagger, Rolling Stones-hoofsanger, het pas oupagrootjie geword! Mick se kleindogter Assisi het die naweek die koms van haar babadogter aangekondig.

Assisi (21) en haar kêrel, die sjef Alex Key (25), het nog nie hul eerste pienkvoet se naam met die wêreld gedeel nie. Assisi se ma, Jade Jagger, was self net 20 toe sy en haar destydse kêrel, Piers Jackson, vir Assisi gehad het. Jade is ook op die oomblik swanger met ’n seun wat volgende maand gebore word, skryf die Britse tydskrif HELLO!.Lees die volledige berig hier.

Mick se dogter kuier in SA

Die Britse tydskrif HELLO! het dié spesiale fotosessie met Jade en Assisi, albei in daardie stadium swanger, gedoen.

Jade Jagger is nou ouma ná die geboorte van haar dogter Assisi se eersteling FOTO: HELLO!

Jade Jagger is nou ouma ná die geboorte van haar dogter Assisi se eersteling
FOTO: HELLO!

“Sy gaan ’n perfekte ma wees … Assisi is ’n verstandige, liewe meisie en ek dink dit gaan baie plesier aan hul albei verskaf,” sê Jade oor haar dogter.

Jade is nie die enigste bekende Jagger-dogter nie …

Assisi verduidelik weer dat sy vinnig grootgeword het en nie sou oorweeg om ’n baba te kry as sy, soos baie van haar vriende, ’n losbol-lewe gehad het nie.

“Ek drink nie, ek rook nie en ek is baie gevestig,” wei sy uit. Oor haar oupa Mick sê Assisi hoewel hy dit sekerlik sal geniet om ’n oupagrootjie te wees, dink sy nie hy sal daarvan hou om op dié naam genoem te word nie.

Mick Jagger in sy jonger dae

Mick Jagger in sy jonger dae

Mick se lewensmaat L’Wren Scott oorlede

“Ek noem hom Mick – ek sal nie begin om hom Oupa te noem nie,” sê die jong ma oor haar 70-jarige oupa.

Bron: HELLO!