FOTO: Twitter  aplusk

FOTO: Twitter aplusk

Het jy gehoor?

Mila en Ashton verwag ’n seuntjie

Die Hollywood-paartjie Mila Kunis en Ashton Kutcher gaan vir ’n tweede keer ouers word. En dié keer gaan hulle ’n seuntjie kry. En vanoggend het die TV-persoonlikheid Eloise Cupido ook verklap dat sy swanger is – lees hier.

Vroeër die jaar was daar gerugte dat Mila ’n tweeling verwag, maar volgens Life &Style Magazine is dit net een pienkvoet. Die geslag is onlangs eers bekend gemaak, berig E! News.

Mila en Ashton het reeds ’n 2-jarige dogtertjie, Wyatt Isabelle. Die paartjie het verlede jaar getrou, nadat hulle in 2012 begin uitgaan het.

In 1998 het Ashton saam met Mila in die sitkom That 70’s Show gespeel. Hul karakters was toevallig ook ’n paartjie.

Dit het die naweek omtrent babas gereën – klik hier om te kyk watter bekendes het nuwelinge verwelkom.

Lees nou

Bekendste sitvlak kry klapsoen!

Groot FM se Johrné 10 kilo’s ligter

Kyk wie is terug ná 10 jaar!