FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Mila Kunis en Ashton Kutcher getroud!

Hulle het dit geheim gehou, maar Mila Kunis het onwillig op ’n kletsprogram verklap dat sy en die pa van haar kind, Ashton Kutcher, intussen getrou het.

Toe die aanbieder van die The Late Late Show, James Corden, vir Mila gevra het of sy en Ashton Kutcher getroud is, het sy verleë geantwoord: “dalk”.

Alhoewel Mila nie ’n reguit antwoord gegee het nie, lei James en die ander gas op die program, Tom Hanks, af – en die gehoor – dat dit wel die geval is. Wanneer die paartjie getrou het, is nie duidelik nie.

Hulle het in Oktober verlede jaar hul eersteling, Wyatt Isabelle Kutcher, verwelkom. Mila het ook gesê hulle dink reeds aan baba nommer 2!

Kyk die insetsel hier:


Bron: The Mirror