Ashton Kutcher en Mila Kunis
FOTO Instagram (@kunismilena)

Ashton Kutcher en Mila Kunis FOTO Instagram (@kunismilena)

Het jy gehoor?

Mila Kunis en Ashton Kutcher is swanger!

Die Hollywood-paartjie Mila Kunis en Ashton Kutcher gaan vir ’n tweede keer ouers word. Mila se reklameagent het dit eksklusief aan People bevestig.

Mila en Ashton het reeds ’n 2-jarige dogtertjie, Wyatt Isabelle. Die paartjie het verlede jaar getrou, nadat hulle in 2012 begin uitgaan het.

In 1998 het Ashton saam met Mila in die sitkom That 70’s Show gespeel. Hul karakters was toevallig ook ’n paartjie.

FOTO Instagram / @aplusk

FOTO Instagram / @aplusk

Hulle is nie al Hollywood-paartjie wat ’n tweede kind verwag nie. Die aktrise Emily Blunt en haar akteur-man, John Krasinki, is ook swanger. Hul eersteling, Hazel, is in 2014 gebore.

Lees nou

Is Jennifer Aniston swanger?

Seal praat Afrikaans!