FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Mila Kunis en Ashton Kutcher verwag ’n …

Mila Kunis en Ashton Kutcher het net nou die dag verloof geraak en het nou vir die eerste keer bevestig dat hulle ook hul eersteling verwag, berig Us Weekly eksklusief.

En Ashton gaan nou omring word met die skoner geslag, want Mila verwag ’n meisie.

Alhoewel dit beide sterre se eersteling is, kon Ashton darem oefen met Demi Moore se dogters toe hulle nog getroud was. Die 36-jarige Ashton was stiefpa vir Rumor (25), Scout (22) en Tallulah (20) uit Demi se huwelik met Bruce Willis.

Bron: Us Weekly

Mila en Ashton se mooiste oomblikke op Instagram

Dié paartjie is baie privaat oor hul verhouding, maar op Instagram kies hulle om van hul intieme oomblikke te deel. Hier is hulle mees romantiese oomblikke op dié sosiale media-webwerf.