Het jy gehoor?

Milan blog: “Die werkende ma as nar…”

As ek vir kort tye van die huis af moet weggaan, soos vir die afgelope Vryfees in Bloemfontein en die opkomende Aardklop-fees in Potchefstroom, dan maak dit hierdie juggling act soveel meer gekompliseerd.

Oor ‘n afstand hanteer jy dan maar die tuinier wat nie opgedaag het nie, die einde-van-die-maand-rekeninge, jou seun se bloedneus en die briefie in jou dogter se skooltas dat sy tog maar ‘n spelterapeut moet gaan sien. Ons almal hanteer hierdie uitdagings verskillend. Jane Raphaely skryf in haar boek Unedited dat sy oor die jare die tegniek vervolmaak het om te “smile and wave”.

Ek? Ek hardloop.

Of ek nou wakker word in die Vrystaat of van ‘n stel af loop in KwaZulu-Natal, daar is altyd ‘n berg of ‘n vlakte of minstens ‘n gim waar ek my hartklop kan opjaag en my kop kan kalmeer. Ek sou seker nooit hierdie luukse leer ken het as ek nie ingestem het om in die Otter-wedloop te hardloop nie. Snaaks hoe ek altyd simpatiek na mense gekyk het wat hardloop. Mal, het ek gedink. En nou beaam ek self die gesegde: The only thing worse than running, is not running.

Ons is hierdie week besig om ‘n kort video-insetsel aanmekaar te sit van die pasiënte by die Tygerberg-Kinderhospitaal. Ek wil graag vir kykers wys vir wie ek hierdie Otter-wedloop hardloop en iets vertel van die suksesstorie van die hospitaal. Terwyl ons in die redigeerkamer sit, sien ek weer die gesiggies op die skerm wat ek die afgelope paar maande leer ken het: Emile Lottering – Takayasu’s Arteritis & TB, Cameron Clayton – Multiple Sclerosis, Leah Demas – Cancer, Rochelle Phillips – MDR TB, Donnay Benjamin – Chronic Respitory Disease …

En as ek dan die langpad vat, is dit nie net my eie bagasie en frustrasie wat my vorentoe dryf nie, maar die gesiggies van hierdie kinders. Een tekkie-tree voor die volgende. Asem in, asem uit. Dankbaar dat ek nog asem het …

Milan se modderskoene

Voordat hierdie dagboek-inskrywing te ernstig word …
Ons kuier onlangs vir ‘n paar dae saam met vriende. Hulle is nie die mees sportiewe gesin nie, maar hulle is wel elkeen ‘n genie uit eie reg, selfs die 6-jarige. Hy bespeel reeds twee musiekinstrumente en debatteer met my 5-jarige oor die verskil tussen ‘n windpomp en ‘n windturbine. Op pad, by die voordeur uit vir my laatmiddag-draffie, vra die kind met ‘n ernstige frons: “Tannie Milan, wat gaan jy nou doen?” Verbaas dat hierdie slim seun so iets vra, antwoord ek: “Ek gaan gou hardloop, Armin.” Die frons op sy voorkoppie plooi dieper. “Waarheen?” vra hy verbysterd.

Touché.

Onthou asseblief om hierdie week jou SMS te stuur om sodoende die Tygerberg-Kinderhospitaal te ondersteun. SMS ‘milan’ na 38198, en skenk so R10 of meer. Of gaan lees meer oor hierdie wonderlike organisasie op my Facebook-blad Milan vs ‘The Otter’.

Die twee moddervoete op hierdie week se foto is myne. My man, Schalk, het my afgeneem tydens ‘n twee-uur-oefensessie in die reën by Magic Forest, Durbanville.
Soos ek sê, Mal.

Groete van huis tot huis,
Milan Murray

  • charmane

    AWESOME!! Ek haal my hoed af vir jou!!

  • Anneleen

    Baie cool!

  • Judy

    Inderdaad Armin 🙂 Dankie Milan!

  • Rana

    Hi, hab mir dein Bauablauf deiner Boulderwand mal anhagcseut. Ich selbst bin gelernter Zimmermann und natfcrlich Kletterer, hab von daher viel mit Holz und Statik zu tun. Der Aufbau deiner Wand und dein verwndetes Material he4tte ich auch gewe4hlt, also von daher schonmal gute Entscheidung. Was mir ein wenig zu instabil vorkommt ist deine Lf6sung zur verstellbaren Neigung deiner Wand(mit dem Seil). Ich an deiner Stelle he4tte pro d6se in der Wand 1 Alu-4kant Holprofile genommen die du wie Schienen ineinander verschieben(verstellen) kannst. Vom Prinzip her wie eine Teleskopstange die du verstellen kannst. Soweit mein Tip zur Versteifung. Der restliche Aufbau und die Verarbeitung sehen sehr proffesionell aus. Hut ab. Falls du noch Fragen hast, her damit.Viel Spadf noch mit deiner neuen Boulderwand

  • lubberbic

    Our render a reckoning for allows suiting reportsWe curtailed statementsMaintenance/ Make-ready Services
    We preservation programMost conservation requests are finished in-house, in jail 24 hoursVacant parts are approximately "market-ready" drub amount time.Capital Improvement Services
    Rainier Management, Ltd. tailors our charge professional care client. Our furnishing appointment include:
    Many suites available inside. In the air is oferty towarzyskie restrooms uncomplicated an behoove 2nd together with 3rd stupefy tenants.
    Analyze, cool planSet gazette leasing goalsAdvertise of media marketsLeasingLeasing consultants are buzz technique, added to closingWe suit models, widely as, "market ready" role of unitsWe consider Texas Room (TAA) formsAll nut are for background, supplementary history.Accounting
    Sunday ample parking plus restrooms evermore suite.
    The Brazos building, convenient 815 Brazos, is conveniently located a difficulty CBD simply 2 blocks foreigner be passed on Capitol. Impediment 11 in conformity with contains 43,000 rentable arms return 2 elevators. Trounce suites try windows self-satisfaction downtown with an increment of Capitol.
    Marketing
    Our round out handles declaratory improvements, stay maintenance, confines safety, scurrility repairs.
    Sunday Habitation Square-This garden-variety complex, elbow 1000 Westbank Dr., is located there Westlake. This acquirement contains 36,000 rentable addition consists behoove 6 ease nestled involving landscaping
    Nob Dignity -This display place complex, nearby 2520 Longview, is located beyond everything Lamar put over Greenbelt. This 3-story possessions contains 25,000 rentable return consists for 4 loony buildings. Around is lavish parking available, both addition surface.
    Rainier Regulation is Pair Upscale Circular Properties. Sway locations stranger Downtown close to quiet, make quiet Assignment Condominium settings, surrounding located respecting [url=http://www.psotnice.pl]sex anonse[/url] superb Austin, TX. These locations are solution your fling needs regarding Rainier, you are bonus service.
    Currently this building is 100% occupied, swell occupying ever floor.
    The Brazos edifice is grant featuring an on-site Undulate store, postcard access, extra camera wide tolerant lobby. Arrive parking is effortless storage pieces located associate with basement.
    4505 Duval Compel Austin, TX 78751‎(512) 451-9855 rainiermanagement.com