photo2
Het jy gehoor?

Milan blog: Ek vaar nie goed in dié toets nie …

Terwyl ander atlete ‘n strawwe oefenprogram volg, voel dit vir my asof ek tyd mors.

Elke week staan ek een dag af om “trappe te oefen”. As die Kaapse winterweer my gim toe dwing, gebruik ek die Super Circuit se trap en hardloop een stel enkeltrappe en een stel dubbeltrappe vir ‘n uur. Maar as die reën wegbly, kies ek die naaste berg en hardloop die strawwe paadjie tot bo. Dis hier waar berg-hardloop gevaarliker raak as pad-hardloop. Nat klippe is glibberig, groot rotse is gevaarlik en op oneweredige paadjies is vastrap minder vas as wat jy dink. My enkels was maar nog altyd swak, en hierdie week het ek vir die soveelste keer in my lewe my enkel verstuit. Tog!

Baie toeriste en Kaapse inwoners ken die Platteklip-ravynroete as ‘n strawwe maar beeldskone oggenduitstappie teen Tafelberg op. Vir atlete wat vir die Otter-veldloop voorberei, is dit ‘n trappe-hardloop-ekspedisie wat jy onder ‘n uur en ‘n half probeer voltooi. Ek is gelukkig om ‘n skoonsus te hê wat erger deur die hardloop-gogga gebyt is as ek. Ander skoonsusters onderneem miskien ‘n koffie-en-croissant-uitstappie op ‘n Sondagoggend. Ek en Stella gaan hardloop Platteklip. Dis hier waar ek so vieslik skeefgetrap het met die afkomslag.

Milan op Tafelberg

Nou ja, ek het nooit gedink ek sal van my man se leer-uitskopstoel hou nie, maar hier lê ek, toegewikkel in ‘n kombers. Ek kan nie glo watse snert deur die dag op TV is nie! Tussen al die werklikheidstelevisie en programme oor selfbehepte celebrities en hulle styl wonder ek of my beroep nie dalk besig is om uit te sterf nie … Koerante en tydskrifte is op die internet beskikbaar, boeke word nou al in elektroniese formaat uitgegee en musiek kan gerieflik van ‘n webwerf afgelaai word. Hmmm, ek het duidelik te veel tyd om te tob …

So ek verskuif my fokus weer terug na die Otter en bestee die res van die oggend om soveel moontlik op te lees oor die wedloop. Ek lees dagboek-inskrywings van atlete, kyk foto’s van hoe vorige deelnemers deur Bloukrans swem en maak seker ek het alles op die verpligte lys van benodigdhede. Ek lees ook op sarie.com hoe Dr Michael Mol die Otter-wedloop onderskat het en maak ‘n knoop in my oor om te onthou om deeglik en geduldig te wees. Dis moeilik. Veral die “geduldig”-deel.

Liewe leser, hierdie week is ‘n toets en ek dink nie ek vaar baie goed nie.
Ek hou jou op hoogte!

Groete van huis tot huis,
Milan

  • Albert Maritz

    Ek hou duim vas. En dis ‘n voorreg om die ravyn te kan hardloop, né. Dit kon Melville koppie gewees het. Die ravyn is bietjie hoër….

  • tessa

    jaaa milan, wou jou nog gesê het jy moet M Mol se stuk gaan lees oor die Otter. Nou het jy… In ‘n enkelstut.. Voorspoed – hoop die enkel word gou beter. Aanhouer Wen. Dink aan jou. x

  • Riani

    Dis aaklig! Ek moes afsien van ‘n droom om die Groot Muur in China te gaan stap na ‘n besering. Baie sterkte, hou moed.

  • Milan Murray

    Dankie Allie! En die mooie Kaap het soveel opsies. Volgende naweek is dit Stellenbosch… As die enkel hom gedra!

  • Marietjie

    Sterkte, spoedige beterskap. Voete laat opereer 3 weke terug en ek is gelukkig, kan al weer kom werk. Sit maar met die voete onder my lessenaar op twee "Typek papier" dose met ‘n kussig op.

  • Adèle

    Alle sterkte Milan, Dink aan jou en hoop daardie enkel is gou 100% x

  • Lizette

    Sjoe Milan,ek probeer nog uitwerk waar op aarde jy die energie vandaan kry om by berge op en af te hol en dit met TWEE kleingoed in die huis! Op hierdie stadium is my idee van oefen om elke dag die pos uit te haal! Bygese,my seuntjie is nou 2 en ‘n hele wereld van oppe en affe en epiese tantrums het nou vir ons oopgegaan. Eintlik wat ek wil se is dat jy nie so hard op jouself moet wees oor die hele geduld issue nie. Partykeer is dit belangriker dat al wil die lyf nie, die hart op die regte plek sit. Jy’s ‘n inspirasie vir ons almal en al moet jy die een uitsit sal jou beurt nog kom. Vasbyt,ons is in jou hoekie!

  • Rani

    DProjekte wie dieser Bahnhof weredn kostenseitig immer geringer veranschlagt, als sie es dann sind. Es ist jedoch nicht von der Hand zu weisen, dass hier ein gewisser Grf6dfenwahn bei den Bauherren Urste4nd feiert, der schwer nachzuvollziehen ist. Man mudf allerdings bedenken: Mehdorn neigte immer schon zu exzessiven Bauten (Bahnhf6fe in Berlin, Leipzig), die allesamt vollkommen fcberzogen waren. Wenn man dann durch so manche Ruhrgebiets- oder Eifelprovinz mit der Bahn gefahren war, sah man Minibahnhf6fe, die man problemlos als Kulisse ffcr einen Film he4tte heranziehen kf6nnen, der 1947 spielt. Zur Konfliktscheuheit/Konsenssucht: Ich bin nicht sicher, ob es sich um ein spezifisch deutsches Phe4nomen handelt. Was ist mit d6sterreich ein Land, dass seit vielen Jahren praktisch nur im Konsens existiert? Oder die Konkordanzdemokratie Schweiz? beides fcbrigens Le4nder mit starken rechtspopulistischen Parteien. Die politischen Debatten in Frankreich, Grodfbritannien und auch in den USA weredn oft mit ungleich grf6sserer Sche4rfe geffchrt, wobei inzwischen die USA nicht unbedingt mehr das beste Beispiel abgibt. Vermutlich dominiert in deutschen Diskursen mehr als in anderen Le4ndern ab einer gewissen Stufe der Diskussion der persf6nliche Angriff zu Ungunsten des Arguments. Man kann immer wieder feststellen: Im Zweifel bekommt dann die Person das Fett weg. Das gilt im fcbrigen auch umgekehrt (auch wenn das seltener ist): Telegene bzw. medial begabte Persf6nlichkeiten weredn eher hoffiert. Sie weredn aber auch schnell wieder entsorgt ja nach Lage und Zeitgeist.Die Personalisierung von f6ffentlichen Diskursen tre4gt am Ende dazu bei, dass es thematisch eher lau bleibt und zu verhe4rteten Fronten ffchrt, die oft genug mit der Sache nichts mehr zu tun haben. Im Privaten hat man’s gerne harmonisch. Oft hf6rt man bei e4lteren Menschen den Satz: dcber Politik und Religion spricht man nicht. Darin liegt die Furcht vor Diskussion, vor dem Anecken.