photo
Het jy gehoor?

Milan blog: “Gaan ek dit maak?”

Ek kan egter nie anders as om vir ‘n oomblik na daardie Bolandse bergpieke te kyk en denkbeeldig af te merk op watter van hulle ek al bewe-been gestaan het nie.

Hierdie naweek se oefenwedloop sal my altyd bybly as een van die spesiales. Die Botmaskop Traverse vorm deel van die Mountain Warrior Trail Festival. Dis ‘n strawwe roete van 15 km wat rotse, bergstrome en selfs ‘n tonnel insluit. Die klim was moeilik, die uitsig onbeskryflik en die kameraadskap ‘n riem onder die hart. Ek wens ek kon jou aan die hand vat en wys hoe mooi híérdie wêreld is. Meer nog, ek wens ek kon vir jou beskryf wat in my kop gebeur as my bene sê, ‘nee’, en my wil sê, ‘ja’. Ek het die Botmaskop-wedloop in 3 ure voltooi.

Ons woon in ‘n land vol mooi bergroetes. Daar is wedlope vanaf Kwazulu Natal tot by The Cradle of Humankind. Mens hoef net na die prentjies te kyk as jy deur Jacques Marais se Trail Runner’s Guide blaai om geïnspireer te word om daai sak op jou rug te laai. Ek is stilweg spyt dat ek eers nou, op amper 38, hierdie juwele ontdek.

Ek het 5 weke oor voor die groot Otter-wedloop. Na hierdie naweek se twee berg-hardlope is my knie geswel en my spiere seer, en net soms wonder ek of ek op 15 Oktober betyds by die Stormsrivier gaan aankom… Ek het 11 ure om die Otter te voltooi. Sal my lyf en my kop dit hou?

Jy sal dalk nie daar wees om my aan te moedig nie, maar jy kan jou ondersteuning wys deur ‘n donasie te maak aan die Tygerberg Kinderhospitaal. Kontak vir Malcolm by mkling@sun.ac.za vir die rekeningbesonderhede.

Nou ja, tussen die hardloop deur moet ek ook my twee pragtige kleuters grootkry en my woorde leer vir more se film-oudisie vir ‘n rol teenoor Orlando Bloom!

My lewe is vol en my hart, dankbaar.

Groete van huis tot huis,

Milan

  • NadiaV

    Ek glo jy kan dit doen, Milan! Baie sterkte en hou bene, hou! Dink net hoe trots is jou man en kinders op jou! En ons natuurlik ook, dis vir ‘n wonderlike doel.

  • Nadine van Staden

    Dis awesome – ek wens ek het jou stamina, energie en guts gehad. Ek loop 20minute op die treadmill dan het ek genoeg gehad. Good luck, girl!

  • Violet

    sagt:Vielen Dank f r diesen inetsersanetn, wenn auch erschreckenden Beitrag. Es ist immer wieder schrecklich zu h ren, wie viele Menschen Geld ber die Sicherheit und das Leben anderer stellen Gut, dass ihr dar ber berichtet!Beste Gr e aus Bremen sendet die Bremer Energieberatung enerpremium