sr1108milan_binne_4_310w
Het jy gehoor?

Milan blog: “Híér behoort ek graag!”

As jy n aktrise is, is jy baie vertroud met die term cattle call. Dis n pyniging, ‘n beslommernis en ‘n uitstappie wat ek liefs probeer vermy.

In enige beskaafde oudisie-proses kry elke aktrise haar eie tydgleuf om die ingestudeerde toneel voor te lê. Dis ‘n gerespekteerde afspraak. ‘n cattle call‘ s egter ‘n perd van ‘n heel ander kleur. I.p.v. 15 behoorlike minute om jou oudisie voor die kamera af te lê, word al 50 aktrises ( en ook hoopvolle modelle, huisvrouens en wel… enige iemand wat op enige denkbare manier van die oudisie te hore gekom het) soos ‘n trop skape in ‘n oorvol vertrek geboender. En dan word jou 15 min, 15 sekondes, en jy weet hulle kyk maar net eintlik hoe jy lyk. Dit, is ‘n cattle call.

Nou ja, ek het oë gerol en voete gestamp, maar is toe gister traag na my eerste Kaapse cattle call. Gelukkig het die donker wolkie toe ‘n silwer randjie. Iewers in die trop van hoopvolles, loop ek ‘n ou vriendin raak. Ons het 12 jaar gelede saam ons loopbane begin by die SABC-reeks, Isidingo. Dit was ‘n luide weersiens. Die res van die trop het ons nuuskierig bekyk soos ons iPad teen iPad sit om fotos en stories uit te ruil. Ons het amper die oudisie gemis! Ek het haar vertel van my Otter-wedloop, en sy het my genooi na haar gemeenskapstroue.

“Jou wat?!” Ek het nie mooi vertstaan nie. “Hoe meen jy, gemeenskapstroue?”

Nikki het haar opkomende troue in Januarie verduidelik totdat ek later trane in my oë het. Absoluut almal wat genooi word, vorm deel van die reëlings. ‘n Saal word gehuur, en die res word deur die ‘gemeenskap’ van vriende en familie behartig. Jy maak kos of jy doen dekor of jy reël parkering. Iewers gee jy van jou tyd of talente. En nee, sy’s nie n Xhosa meisie van die Oos Kaap nie, sy’s n Engelse vrou van St. James in Kaapstad.

Na die oudisie filosofeer ons twee toe verder oor die kwessie van gemeenskap en om iewers te behoort. En ek besef, ek het lanklaas die voordeel van gemeenskap so gevoel soos hierdie week. Met my voet nog in die stut was dit moeilik om gemotiveerd te bly. Elke keer as my man sy tekkies aantrek om te gaan oefen of as ek van ander atlete hoor wat regmaak vir die groot wedloop in Oktober, het ek begin twyfel of ek dit enigsins sal kan maak. Maar as daar nou een gemeenskap is waar vreemdes soveel begrip en ondersteuning het vir mekaar, is dit die trailrunning-gemeenskap.

Kyk, ek het helfte van hulle nog nooit ontmoet nie. Ons kuier mekaar op Twitter raak en bespreek dan roetes of toerusting. Baie van hulle gaan loer op my ‘Milan vs The Otter-Facebook-blad en bied hulle ondersteuning aan, al is hulle professionele atlete en ek net ‘n beginner.
Soos @LanVisser, SA se top vroue-trailrunner wat my aangemoedig het om in die swembad te hardloop terwyl my enkel herstel. Ook @RunTrailcoza wat roetes aanbeveel as ek weg van die huis is en @trailwill, my go-to-guy oor alles van ‘compression socks’ tot ‘running poles’. My trailrunning-skoonsus, Stella, is die eerste een om in die oggend te SMS om te hoor hoe dit gaan, en sy is sommer ook my resident fisioterapeut!

Miskien lê die kameraadskap daarin dat elke trailrunner weet hoe dit voel om jou lyf, kop, geloof en sienswyse só uit te daag en só ver te druk totdat die eerste gruis teen die afgrond begin val. Want elke trailrunner beur verder as wat hy self kon glo. En teen elke berg op, baklei ons teen dieselfde duiwels in ons kop.

Ek lig my glasie mineraalwater dan dankbaar hierdie week. Op elke trailrunner wat saam met my glo ‘this is not a set back, it’s a set up!’.

Hierdie is ‘n trop waaraan ek graag behoort.

Groete van huis tot huis,

Milan

  • Natascha

    Dankie vir jou blog Milan! Dit het my geinspireer om laas Sondag teen Klapmuts uit te hardloop, al was ek so onfiks van daardie Eerder-later-slaap-as-gym-toe-gaan-winter-luiheid. Dankie en sterkte!

  • Ita

    # 11Auch auf die Gefahr hin, wieder in ein Fettne4pfchen zu treetn. Niederlagen zu akzeptieren, die auf demokratische Art und Weise zustandegekommen sind. Das ist Voraussetzung um kein Extremist zu sein!Was ist mit dem Erme4chtigungsgesetz von 1933? Obwohl es Verhaftungen von Kommunisten und anderen Politikern bzw. Abgeordneten gab, wurde es mit Unterstfctzung des Zentrums angenommen. Formal demokratisch legitimiert. Ich wfcrde in diesem Fall allerdings den Gegenern des Gesetzes, also der SPD und den Kommunisten, deswegen keineswegs Extremismus vorhalten.Sachlich richtig wird die Situation in den 50er Jahren beschrieben. Allerdings war das KPD-Verbot heftig umstritten und we4re spe4ter nicht mehr zustandegekommen. Man muss sich nur die damalige Richterschaft in der Bundesrepublik ansehen. Die meisten agierten auch im 3. Reich als Richter und kein Richter ist jemals deshalb verurteilt worden. Formal demokratisch legitimiert, aber ffcr viele ein politisches Urteil.Der Radikalenerlass war keineswegs nur vorauseilender Gehorsam, sondern auch der Versuch der SPD, die diversen Gruppen auf der Linken, von Stamokap bis Maoisten, soewie die Anhe4nger der DKP beim Marsch durch die Institutionen abzuwehren und Bfcndnisse auf lokaler Ebene mit der SPD zu verhindern. Fall Benneter etc..Ich kann mich sehr gut an die damaligen Diskussionen erinnern. Ffcr mich ein eklatanter Fehler der SPD. Dass man gleichzeitig versuchte, sich nach links abzugrenzen und damit der Parole von Geidfler Freiheit statt Sozialismus den Wind aus den Segeln zu nehmen, ist richtig, hat aber trotzdem nichts genfctzt, denn es wurde doch ein solcher Lagerwahlkampf.In den Endsechhziger Jahren wurde durchaus gegen rechts in den Medien geschrieben. Denn damals stand die NPD vor dem Einzug in den Bundestag, man bekam 1969 immerhin 4,3 %, und es gab immer noch die alliierten Rechtsvorbehalte. Die BRD war durchaus noch nicht souvere4n. Siehe auch damals die Diskussion um die Notstandsgesetze.Extremismus ist immer eine Frage der Definition und e4ndert sich natfcrlich. Was in den ffcnfziger und zu Beginn der sechziger Jahre als extrem galt, ist heute demokratischer Standard bzw. demokratischer Alltag.Wer sich an den Auftritt der Grfcnen in den Parlamenten in den 80er Jahren erinnert, entdeckt auch da einen gehf6rigen Wandel, wenn man heute sieht, wie gelassen man auf den Auftritt der Piraten in Berlin reagiert.Das Problem mit den Rechten wird durch die c4nderung ihrer Taktik zukfcnftig noch grf6dfer. Man tritt nicht mehr nur mit Glatzen und Springerstiefel auf, sondern arrangiert Kinderfeste, Nachhilfe- und Betreuungsaktionen, geht also konkret in die Region. Die Berichte im Fernsehen, u.a. Frontal 21, zeigten doch, dass die Besucher sich nicht daran stf6rten, dass die NPD der Veranstalter war. Und dies nach Bekanntwerden der Morde.Auch der Beitrag von Doktor D. zeigt doch, dass man sich bewusst von den linken Meinungen abgrenzen wollte, oft war es sogar egal, bei wem man sich engagierte, Hauptsache gegen die Mehrheit oder das bfcrgerliche Milieu .Es scheint in der Natur/Kultur vieler Menschen zu liegen, dass man sich gegen Fremde oder andere abgrenzt. Diese Anderen kf6nnen politisch, religif6s oder kulturell definiert werden. Dass muss gar nicht mehr nationalistisch definiert werden. Siehe Frankreich mit den Franzosen afrikanischer Herkunft. In Marseille we4hlt, wer dazugehf6ren will, Front national (FN), auch die Einwanderer.Kann man wirklich auf die Vernunft hoffen?