perriwinkle
Het jy gehoor?

Milan Murray blog: “Daai ‘iets’ wat maak dat jy aanhou”

Boonop het ek vir die eerste keer met ‘n rugsak gaan hardloop, want vir die 11 uur lange Otter-wedloop is daar mos nie gereelde verversingspunte soos by ander wedlope nie. Jy gaan met ’n enkelpaadjie teen ’n berg op. Daar’s nie ondersteuners met baniere, motiveringsgille en peuselhappies langs die pad nie. So die verpligte lysie benodighede (wat alles van ’n space blanket tot jou kosvoorraad insluit) dra jy soos ’n skilpad op jou rug.

Wat is daai ‘iets’ wat maak dat jy aanhou en uithou? Waar in ons brein of in ons binneste lê daai vuurtjie wat soms flouer en soms sterker brand? Die ‘wil’, as’t ware? Die dryf wat ons laat aanhou baklei teen kanker, of laat aanhou werk aan die moeilike huwelik? Daai ding wat ons laatnag wakker hou om verder te werk of later te swot.

Of is dit dalk nie die vlam van agter nie, maar die wortel van voor? Die erkenning, die medalje, die oorwinning, die genoegdoening?

Ek weet nie wat dit is wat my elke dag my tekkies laat aantrek om kilometers ver te gaan hardloop nie. Om aan die Otter African Trail Run deel te neem was my eie besluit. My eie uitdaging. Ek kan heerlik gerieflik vandag besluit ek wil dit nie meer doen nie. So eenvoudig soos dit. Los dit net, Milan. Dis swaar. Dis moeilik. Dis soms seer… op meer as een plek! Hoekom dan, behalwe vir die fondsinsameling, myself  so pynig?

Ek kan eerlikwaar nie vir jou sê of dit my ego of my moedswilligheid of my man se dreigemente is wat my daagliks op die pad kry nie. Maar ek herinner myself gereeld:
There will be days when I don’t know if I can run an 11 hour race. There will be a lifetime knowing that I have.

Ek kyk gisteraand vir my dogter terwyl sy slaap, en wonder hoe sy hierdie afgelope paar maande sal onthou. Mamma wat elke middag voor sononder die pad vat. Mamma wat soms rondtes deur die dorp en verby die huis hardloop sodat sy ons kan high five elke keer as sy verbykom. Mamma wat uitasem en met moddertekkies by die voordeur inval. Ek onthou dat sy daar was by die eindstreep van my eerste halfmaraton. “Mamma, het jy gewen?” het sy opgewonde gevra. “Nee, my Lam, Mamma het klaargemaak!” juig ek en gee haar ‘n stywe druk. Die medalje hang nou nog teen haar kas.

Ek  besef dat ek nie omgee of sy eendag sportief of syferkundig of eksentriek is nie. Ek hoop wel dat sy haarself sal ken en uitdaag. Die ironie is dat ons so baie wakker lê oor wat ons ons kinders moet leer, en intussen leer hulle ons.

Ek het agter in die ry gestaan toe geduld uitgedeel is. Gister moes ek twee uur lank periwinkle-skulpies optel langs die strand. “Die kleintjies, Mamma” het Lua gese en dan die stukkendes teruggegooi. Een skulpie na die ander het ons die Pick n Pay-sak volgemaak. Sy het met groot sorg en die wêreld se tyd haar skatte uitgesoek. En sy het haar nie laat haas nie. Ek het later vergeet van die to-do-lysie in my handsak en die opdraande pad wat nog voorlê voor ek op 15 Oktober die groot wedloop aanpak. Sy leer my om my tyd te vat. Om die proses sy eie gang te laat gaan en stelselmatig jou sak vol te maak.

Ek sal vir die oomblik ophou vaskyk teen my krok-knieë en ophou baklei teen die woeste Weskuswind en kies om te glo dat ook hierdie ding sy eie tyd het. Want wie weet, miskien is die belangrikste item op die Otter-lys van benodigdhede ‘n Pick n Pay-sak vol periwinkles.

Groete van huis tot huis,
Milan

  • Logy Murray

    Dankie dat jy jou journey met ons deel. Ek sien in my gedagtes die klein dogtertjie op haar driewielietjie wat om en om en om die stoeppaal ry in Port Elizabeth- groot lekkerky op jou gesiggie en skaterlaggie saam met die oorwinning! Ek dan driewiel ry! Druk deur – al gaan die skaterlaggie dalk eers ‘n paar dae ná die roete kom, is ek seker dat die lekkerkry beslis daar sal wees. ‘n Trotse ma.

  • Lizette

    Milan,toe ek met dikgeswelde enkels en dikker gehuilde oe die oorgang van onafhanklike vrou na ek-weet-nie-wat-de-heng-ek-doen-nie mawees moes aanpak,het jou boek Koemelaat dit oukei gemaak om vreesbevange te wees! Ek bewonder jou dat jy nie terugdeins vir moeilike paaie nie (in die geval letterlik!) En wil vir jou dankie se dat jy die guts het om te se dis oukei om bang te wees en niemand is perfek nie! Baie,baie sterkte en mag jou kniee jou nog ver dra in gebed en op jou lewenspad.

  • Milan Mueray

    Dankie Lizette!! Dis altyd lekker om te hoor ons is nie aleen nie! Ek drink nie op die oomblik nie, so ek klink my beker cuppachino op jou, en ons soort!

  • Adarsh

    > Es geht nicht darum, Geld, sondern die Welt bseesr zu machen.> Das gelingt mal mehr, mal weniger, aber ist eine prima Sache> ( ) Ich finde solche Gespre4che ja ganz toll ( )sag mal, hast du noch alle latten am zaun? das ist ja primitives kindergarten-niveau.> Ich hatte ja die Ehre, auf der Bfchne vier Blogger zu> interviewenwarum so devot? ich kenne keinen deiner kollegen aus den holzmedien, die es wagen wfcrden, derart unterwfcrfig zu schleimen. im gegenteil: das, was sie machen, interessiert mich gar nicht! (uli jf6rges auf youtube zu einer schar alphabloggern)> Ich habe wieder eine Menge gelerntklar. Weil du dich nicht vorbereitest. halbwissen, dein name ist banse. das ffchrt dann dazu, dass beckedahl sagen kann, was er will, ohne dass du mal kritisch nachfragst. die digiges-kontroverse hast du mit keiner silbe erwe4hnt, obwohl zum zeitpunkt des rfcckblick-interviews bereits ein shitstorm fcber markus hinwegfegte im netz, wohlgemerkt. du he4ttest mal zwischendurch den status quo der online-diskussionen checken sollen. geffchle 2 myriaden fragen, den verein betreffend, he4ttest du an markus weiterleiten kf6nnen! eine gelungene vorbereitung sieht ja wohl anders aus. ein bisschen Selbstkritik stfcnde dir gut zu gesicht. offenbar hast du den kontakt zur deutschsprachigen blogosphe4re verloren, die fcbrigens nur in berlin homogen aufgestellt ist. es herrscht m.e. ein unguter kadaverkorpsgeist unter den protagonisten der szene. warum du das spiel mitmachst, ist mir, offen gesagt, schleierhaft.