Het jy gehoor?

Milan Murray stel haar eerste kinderboek bekend

As jy intelligente kinders wil hê, moet jy vir hulle sprokies lees. As jy wil hê hulle moet méér intelligent wees, lees vir hulle méér sprokies, aldus Albert Einstein. 

Terwyl Milan een aand vir haar 3-jarige seuntjie, Steph, gesing het, kom die karakter Pieter Kokkewieter by haar op. En 5 jaar later staan sy met die nuwe kinderboek wat sy self uitgee, Pieter Kokkewieter en die hart op sy mou, in haar hand.

Marisa, Milan en Charmaine

Marisa du Toit, Milan Murray en Charmaine Nolte

By die bekendstelling van Pieter Kokkewieter verlede week op die Du Toitskloof Wynplaas net buite Rawsonville trek die gewilde aktrise Milan Murray ’n ander baadjie aan – dié van skrywer én uitgewer.

Met haar byderwetse blou bril wat pas by die blou bril van Pieter Kokkewieter, vertel Milan oor die belangrikheid van hardop lees vir kinders. Sy glo dis ouers se taak om die liefde vir lees aan hul kinders oor te dra.  En met die kinderboekreeks wat sy beplan, wil sy dié taak makliker maak.

Pieter Kokkewieter is die eerste in wat hopelik later ’n hele reeks gaan raak. Elke boek behandel ’n ander idioom – nie net om ’n lessie te leer nie, maar ook om abstrakte denke by kinders te bevorder.

Pieter Kokkewieter moet leer om sy hart op sy mou te dra. Ander idiome wat sy in haar volgende boeke wil behandel, is onder meer “kop in die wolke” en die “wêreld op jou skouers dra”.

Pieter Kokkewieter 17 Nov (3)

Milan wil ook skole besoek met haar boek en het spesiaal ’n A1-grootte laat druk sodat almal die prentjies kan sien.

Die illustrasies is deur Marisa du Toit gedoen. En Milan se vennoot in die onderneming, Murray & Me, Charmaine Nolte, het met die produksieproses gehelp.

Milan het dié keer besluit om haar boek self saam met Charmaine uit te gee sodat dit meer winsgewend is.

Milan het in 2010 haar eerste boek, Koemelaat, ’n sanity-joernaal van n nuwe magepubliseer.

Talle bekendes, onder andere Deon Lotz, Jana Strydom, Tim Theron (Klein Karoo, Mooirivier) en Charlene Bruwer (Dis ek, Anna), het by die bekendstelling gekuier, en kykNET se Bravo!-span was ook daar!

Blaai deur die galery vir foto’s van dié geleentheid.

Deon Lotz, Milan Murray, Antoinette Louw en Niel van Deventer, vervaardiger van Dis ek, Anna

Jana Strydom en Milan

Milan en Tim Theron

Marisa, Charlene Bruwer, Charmaine en Milan

Dorette Potgieter en Deon Lotz

Dorette en Marisa

Marisa, Charmaine en Milan

Antoinette en Milan

Charlene en Milan

Dorette en Bernard Kotze van Du Toitskloof

Deon en Milan

Dorette, Deon, Antoinette, Niel en Charlene

Pieter Kokkewieter