FOTO Instagram/ @promiflash

Het jy gehoor?

Miley en Liam ís toe verloof!

Vir maande het dié Hollywood-paartjie die wêreld aan ’n lyntjie gehou. Maar nou het Miley Cyrus op Ellen DeGeneres se kletsprogram bevestig dat sy en die Australiese akteur Liam Hemsworth verloof is.

Sedert Januarie vanjaar het Miley ’n diamantring aan haar ringvinger gedra. Maar niks bevestig nie. Sy en Liam het vir die eerste keer in 2010 ’n paartjie geword en 2012 verloof geraak. Maar in 2013 is die verlowing verbreek en hul paadjies het geskei.

Nou is Miley en Liam wéér verloof. Sal dit hierdie keer hou?

Sy hou nie van die ring nie, maar dra dit bloot oor Liam vir haar lief is, het sy aan Ellen verduidelik.

Luister wat Miley vir Ellen gesê het

Miley en Liam oor die jare

2010

2011

2012

2013

2014

2015

2016

 

FOTO Instagram / @nova100

FOTO Instagram / @nova100

Lees nou

Chrissy Teigen trek Luna te skattig aan

Oelala, Victoria’s Secret se fantasie-bra!

FOTO: Is dit jy Tom Hanks of jy Bill Murray?