Het jy gehoor?

Miley Cyrus nie meer verloof

Dié 20-jarige sangeres en aktrise, wat die laaste ruk in die kollig was oor haar unieke styl en optrede by die MTV-musiekvideo-toekennings, se verlowing met die Australiese akteur Liam Hemsworth is verbreek …

Miley en Liam het mekaar in 2010 op die stel van The Last Song ontmoet en was dadelik verlief. Dié twee het in Mei verlede jaar verloof geraak, maar was glad nie so verlief en verlore soos wat ons gedink het nie.

Sedert hulle in 2010 begin uitgaan het, was hul verhouding soos ‘n wipplank. Maar dié keer is dit blykbaar finaal beëindig. “Liam en Miley se verlowing is verbreek en hulle is nou finaal uitmekaar,” het ‘n bron aan US Weekly gesê. “Sy wil niks met hom te doen hê nie, en andersom. Hulle is glad nie op ‘n goeie voet uitmekaar nie.”

Miley se agent het dié nuus aan People bevestig.

Só het Miley in Februarie 2010 op Harpers Bazaar se voorblad gelyk (links), en só lyk sy op dieselfde tydskrif se voorblad in September 2013 (regs).

Kyk hier na Miley se transformasie van onskuldige Disney-aktrise tot vandag