FOTO: Miley Cyrus (Gallo Images / Getty Images)

Het jy gehoor?

Miley Cyrus & Patrick Schwarzenegger ’n paartjie – ma Maria Shriver keur dit af

Daar is ’n nuwe jong glanspaartjie – maar nie almal keur dié verhouding goed nie.

Die sangeres Miley Cyrus en Patrick Schwarzenegger, Arnold Schwarzenegger en Maria Shriver se oudste seun, is blykbaar ’n paartjie.

Maar ma Maria wil glo ’n stokkie voor dié jong liefde steek.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Die 21-jarige sterre het nog nie saam in die openbaar verskyn nie, maar bronne sê Maria en ander familielede is nie tevrede met Miley se beeld en reputasie nie.

Patrick en sy ma, Maria FOTO: Facebook

Patrick en sy ma, Maria
FOTO: Facebook

“Maria is besorg oor die beeld van die familie en [dié situasie] eet haar op,” vertel een van die bronne aan Hollywood Life.

Blykbaar is pa Arnold nie so bekommerd soos Maria nie.

Bron: Hollywood Life