FOTO: Paper Magazine

FOTO: Paper Magazine

Het jy gehoor?

Miley se vreemdheid was nie net ’n fase nie

Eers was dit Kim Kardashian wat opspraak verwek het met haar voorblad vir Paper, en nou is dit Miley Cyrus… En in albei gevalle het nie een ’n draad klere aan nie. 

Miley is op die voorblad saam met haar troetelvark, Bubba Sue. Die foto’s binne-in is baie gewaagd, en laat niks aan die verbeelding oor nie. In die verskillende foto’s het sy verf en tradisionele sketse oor haar lyf.

Dit lyk asof Miley se wilde streek net nie endkry nie. Die “Wrecking Ball”-sangeres is 22 jaar oud. Haar en Arnold Schwarzenegger se seun, Patrick, se paadjies het ook onlangs geskei.

Wie van julle onthou nog dié gesiggie?

hannah-montana-season-3-soundtrack

 

Lees ook