resident evil
Het jy gehoor?

Milla Jovovich se waagkunstenaar erg beseer

Die aktrise Milla Jovovich het gister gevra dat aanhangers vir haar waagkunstenaar moet bid. Olivia Jackson is ernstig beseer op die stel van Resident Evil: The Final Chapter, wat tans in Kaapstad verfilm word.

Milla het gister dié hartroerende boodskap op haar Facebook-blad met haar miljoene aanhangers gedeel: “…’n verskriklike ongeluk het Saterdag, 5 September, op ons stel plaasgevind. My ongelooflike talentvolle waagkunstenaar, Olivia Jackson, het met ’n kamera gebots terwyl sy ’n motorfietstoertjie uitgevoer het. Sy is nou in die hospitaal met veelvuldige, ernstige beserings … sy is stabiel en word deur baie ervare Suid-Afrikaanse dokters gemonitor.”

Screen Shot 2015-09-16 at 10.41.23 AM

Die 49-jarige ma van twee se boodskap het al duisende likes. Sy het verder geskryf: “Dit is ’n wonderwerk dat sy leef … Ons bid elke dag vir haar en haar familie … want sy het dit regtig nodig. Ek sal dit regtig waardeer as jy ’n tydjie sal afknip om ook vir Olivia se herstelproses te bid. Baie dankie.”

Resident Evil: The Final Chapter sal in 2017 in teaters draai. 

Lees ook