mimi
Het jy gehoor?

Mimi word vereer op 80

kykNET en die Suidoosterfees bring saam met Jannie Moolman, Sibongile Khumalo, Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce, Die Black Tie Ensemble, The Voice of the Nation en die Kaapse Filharmoniese Orkes hulde aan die internasionaal beroemde liefling van die Suid-Afrikaanse opera wêreld.

Die sterbelaaide program sluit in vertolkings van haar mees geliefde en bekendste arias uit onder meer Don Giovanni, Orfeo Ed Euridice, Rigoletto en Carmen, asook Afrikaanse gunstelinge soos Boerneef se Op my ou ramkietjie en Heimwee.

Coertse vier vanjaar haar 80ste verjaarsdag, 56 jaar na haar debuut in die Weense Staatsopera as die ‘Koningin van die Nag’ in Mozart se opera Die Towerfluit op 17 Maart 1956. As eregas sal Coertse met Coenie de Villiers gesels, om stories en staaltjies uit haar kinderjare, kleurryke loopbaan in Europa en Suid-Afrika en haar liefde vir haar land en sy mense, met die gehoor te deel.

kykNET vir Mimi
17 Februarie 2012 om 19:30
Kunstekaap in Kaapstad
Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R100/R150/R200.

Musikale regie: Janine Neethling
Dirigent van Kaapse Filharmoniese Orkes: Graham Scott
Verhoogregie: Janice Honeyman

Erepennings en toekennings

  • 1961: Coertse ontvang ‘n erepenning op gebied van musiek van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
  • 1966: Coertse ontvang ‘n gesogte titel van die Oostenrykse regering: Kammersängerin.
  • 1985: Coertse ontvang die Suid-Afrikaanse toekenning vir Voortreflike Diens ter erkenning van haar bydrae tot die kunste.
  • 1996: Sy ontvang die hoogste erkenning wat ‘n kunstenaar van die Oostenrykse regering kan ontvang, die Oesterreichische Ehrenkreuz für Wissenschaft und Kunst.
  • 2002: Sy ontvang die goue Rathausmann van die Burgemeester van Wene.
  • 2003: Sy ontvang ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria.
  • 2008: Die Mimi Coertse Museum van Afrikaans open sy deure by die Huis vir Afrikaanse Poësie in Pretoria.

FOTO: Michélle van Breda, SARIE se redakteur, saam met Mimi.

Mimi en SARIE se redakteur, Michélle van Breda