minions
Het jy gehoor?

Minions-lokprent: Sandra Bullock en Jon Hamm verleen hul stemme

Sonder die minions sou Despicable Me 1 en 2 baie minder trefkrag gehad het. Dit maak dus sin dat dié geel mannetjies nou hul eie vollengte-fliek kry. En die langverwagte Minions-lokprent is uiteindelik hier

Die lokprent wys hoe die minions oor die jare net een doel het: “om die kwaaiste, grootste en slegste skurk te dien”. Om dié meesters te vind is maklik genoeg, maar om hulle te hou, is meer ingewikkeld.

Bekende akteurs soos Sandra Bullock (Scarlet Overkill), Jon Hamm (Herb Overkill) en Michael Keaton (Geoffrey Ames) se stemme word in dié animasieprent gehoor.

Die fliek begin op 10 Julie 2015 in rolprentteaters draai.

Lees ook