FOTO: Instagram minkivanderwesthuizen

FOTO: Instagram minkivanderwesthuizen

Het jy gehoor?

Minki is nuwe “Boer soek ’n vrou”-aanbieder!

Jy het reg gelees! Die bekende model en TV-aanbieder Minki van der Westhuizen gaan nou boere help om ware liefde te vind.

Minki gaan die vierde aanbieder van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou wees. Haar voorganger, Nadia Beukes, wat onlangs in die Franse Alpe verloof geraak het, gaan in die reeks Getroud met rugby speel.

SARIE.com het reeds Maandag snuf in die neus gekry toe ons sien Minki is nie meer ’n aanbieder van Pasella nie. Toe ons haar oor die gerugte geskakel het, kon sy nie veel uitwei nie.

“Daar is groot planne in die pyplyn, waaroor ek werklik opgewonde is! Maar ek kan ongelukkig in die stadium niks sê nie,” het sy aan SARIE.com gesê.

Minki, haar man, Ernst Joubert, en hul kroos, Katerien (2) en Elise (1), het verlede maand teruggetrek SA toe. Ernst het sedert 2009 vir Saracens in Engeland rugby gespeel.

“Die dogtertjies pas goed aan! Hulle het die hitte oorleef,” het Minki skertsend aan SARIE.com gesê.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

FOTO: Instagram minkivanderwesthuizen

FOTO: Instagram minkivanderwesthuizen

Boer soek ’n vrou se vorige aanbieders:

Elma Postma (Seisoen 1-3)

FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

Angelique Gerber (Seisoen 4-6)

Angelique met haar ombré-haarkleur FOTO: Facebook

Angelique met haar ombré-haarkleur FOTO: Facebook

 Nadia Beukes (Seisoen 7-8)

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons sien daarna uit om vir mooie Minki in aksie te sien!

FOTO: KykNET

FOTO: KykNET

Lees nou