FOTO: minkivanderwesthuizen

FOTO: minkivanderwesthuizen

Het jy gehoor?

Minki van der Westhuizen kom terug Suid-Afrika toe

Die bekende model en TV-aanbieder Minki van der Westhuizen en haar man, Ernst Joubert, het aangekondig dat hulle in Desember vanjaar terug Suid-Afrika toe trek, berig Die Burger.

Ernst, wat professionele rugby vir die Saracens-klub in Engeland speel, het aangekondig sy loopbaan as rugbyspeler is verby. Tog wil hy graag in Suid-Afrika by rugby betrokke bly.

Hy het aan Die Burger gesê hulle sien die meeste uit na die sonnige weer en om lekker te braai. Volgens hom kan die Engelse winters baie uitdagend wees.

Minki het op Instagram dié nuus bevestig en gesê sy het gemengde gevoelens in hierdie stadium, maar sy sien baie uit om met hul families herenig te wees.

Sy het vroeër hierdie maand op Instagram aangekondig dat Ernst en hul dogter Katerien (2) Britse burgerskap gekry het. Elise (1) is reeds ‘n Britse burger.

Sterkte met die trek!

Bronne: Die Burger en Instagram

Lees ook