FOTO: Instagram / @Minkivanderwesthuizen

FOTO: Instagram / @Minkivanderwesthuizen

Het jy gehoor?

Minki verlang na kleintjies se drukkies

Daar’s 10 boere wat wag op liefde, en Minki van der Westhuizen is die een wat die land se grondpaaie aandurf om hulle te help vrou soek. Dit beteken duisende kilometers se ry deur die land en lang tye weg van die huis om kykNET se Boer soek ’n vrou (kykNET) te verfilm. 

“Ek mis hul drukkies, oulike sêgoed,” sê die mooi ma en nuwe aanbieder van die program oor haar kroos by die huis, Elise (21 maande) en Katerien (3 in Julie). Hulle bly haar hart se punt. Minki is dikwels vir tot twee weke op die pad om te werk aan die program waar boere hul droomvroue ontmoet. Die nuwe reeks, die negende, word eers in Oktober vanjaar uitgesaai, maar hulle skiet nog tot September daaraan.

Sy sê haar ondersteuningstelsel is gelukkig goed. Haar man, voormalige rugbyspeler vir Saracens in Engeland, Ernst Joubert, is volgens haar hands on en ’n buitengewoon goeie pa. Katerien en Elise is mal oor hom. “Hy kan als doen wat ek doen. Van doek omruil tot trane afvee. Hy doen dit selfs beter as ek.”

Ek en Pieter op sy plaas buite Nigel!! Dames, skryf vir jou gunsteling boer!!!! @kyknettv #boersoeknvrou

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Ek en Erhard op sy plaas ñ ent buite Beaufort Wes. Dames, moenie op jul laat wag nie. Skryf nou in. @kyknettv #boersoeknvrou A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Ek en Arno op sy plaas buite Newcastle. Skryf nou in dames!!! @kyknettv #bsv9 #boersoekñvrou

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Sy sê ook as dit nie vir die hulp van haar skoonma, Annelize, in die Strand, en haar eie ma, Carien, in Durbanville, was nie, sou dit geknor het om alles te balanseer. “Ek voel baie gerus as hulle help om die kleintjies besig te hou. En vir die oumas en kleinkinders is dit fantasties.”

Wanneer sy van die huis af weg is, verlang sy na gewone goed. “Ek en die kleintjies het middagslapies. Ek mis hul drukkies, oulike sêgoed.” Maar sy is baie dankbaar sy hét die werk. Gelukkig Facetime hulle daagliks en haar man stuur foto’s van die kinders. Ernst was lank die broodwinner. “Hy mis my as ek weg is, maar is dankbaar ek kan nou ook bietjie geldelik help met die huishouding. Dis nogal ’n lekker breek om weer my eie ding te doen, ek geniet dit om ons mooi land te sien en soveel interessante mense te leer ken. En die tegniese span is ongelooflik,’’ borrel sy.

Flower power #katerienlief A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Afternoons #elisehartjie

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

#katerienlief #elisehartjie A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Haar geheim om so goed te lyk ná twee kinders? Sy lag. “Ek is geseënd, want ek doen nie veel oefening nie, hoewel ek nog wil. Ek hardloop baie agter die kinders aan en probeer maar net gesond eet.’’

Sy reken dié nuwe uitdagings gee haar die geleentheid, om wanneer sy terugkom van haar werk, “voluit Mamma te wees’’.

Morning activities #stellenboschlife

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Om weer aanbieder te wees is vir Minki niks stresvol nie. “Solank ek weet my dogtertjies is gelukkig.’’

Lees nou

7de Laan: Toe en nou

My diere, my lewe: Vicky Davis, Shaleen Surtie-Richards, Diaan Lawrenson