FOTO: Instagram  mirandalambert

FOTO: Instagram mirandalambert

Het jy gehoor?

Miranda Lambert praat vir eerste keer oor egskeiding

Gwen Stefani en Blake Shelton het vroeër dié maand bevestig hulle is ’n paartjie. Nou praat Blake se eksvrou, die sangeres Miranda Lambert, vir die eerste keer oor hul verhouding wat in Julie verbrokkel het, berig Entertainment Tonight

Miranda vertel trou is nie perdekoop nie, tog het sy en haar eksman hul bes probeer. Sy sê ook dat sy nog alles verwerk en definitief nog nie gereed is om nuwe romantiese verhoudings aan te knoop nie.

Die 32-jarige blondine het nie kommentaar gelewer oor Blake se nuwe verhouding nie en het ook nie verklap hoekom hul verhouding geflop het nie, maar sy het wel gesê Blake is ’n wonderlike man.

Volgens MTV is Miranda positief oor die toekoms, maar voeg by dat whiskey en trane heel moontlik deel van die proses van heling sal wees.

Blake en Miranda was vier jaar getroud.

Bronne: Entertainment Tonight en MTV

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!