sr0803lianie
Het jy gehoor?

MK Awards – ál die wenners

Die jaarlikse MK Awards het vandeesweek in Johannesburg plaasgevind en ná sowat 320 000 stemme is die wenners aangewys. Mariska van Rooyen van SARIE was daar: “Die MK Awards was vanjaar weer ʼn hoogtepunt in die musiekwêreld, met super groups (‘n kombinasie van mense uit ander orkeste) wat die show gesteel het. Hulle was Die Heuwels Fantasties (met Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Johnny de Ridder) en Van Coke Kartel (met Francois van Coke, Wynand Myburgh en Justin Kruger). Die Parlotones is as die algehele wenners gekroon. Die interessante aanbieders en bands het gesorg dat almal heel aand op hul voete wou bly.”

 

Hier’s die wenners:

 

Beste Video: The Parlotones - I’ll be there

 

Beste Groep: Die Straatligkinders – Avontuur van ‘n hartbreek

 

Beste Solo: Lianie May – Jy soen my nie meer nie

 

Beste SFX/Animasie: The Parlotones – I’ll be there

 

Beste Live: Foto na Dans – Hou jou hande bymekaar

 

Sexyste: Flipacoin – Jasmyn

 

Beste Serenade: The Parlotones – I’ll be there

 

Pornster (“Ek wou eintlik ‘n pornster gewees het”): Snotkop – Kry jou ass by die werk

 

Beste nuweling: Ashtray Electric – The swing

 

Kampus Hit: Die Straatligkinders (Avontuur van ‘n hartbreek) – PUK FM

 

Hardste Song: Van Coke Kartel – Verdoof, vergiftig, verskoon my

 

Snaaksste: Koolerbox – Jou moer