Het jy gehoor?

‘Mnr. Grey’: Ek was g’n Casanova op skool

Nou speel hy die man wat talle vroue se knieë lam maak in die fliekweergawe van Fifty Shades of Grey. Maar op skool het Jamie Dornan soos die meeste tienerseuns gesukkel met die skoner geslag.

Dié 32-jarige akteur het gesê hy het op skool nie veel sukses met die meisies gehad nie, omdat hy so jonk gelyk het. Hy vertel aan The Observer: “Ek het altyd baie jonk gelyk en my suster se vriende het altyd gesê dat ek ‘oulik’ is … Ek het dit gehaat!”

Dinge het skielik verander toe hy begin om ‘n baard te kweek. Deesdae is sy baard deel van sy sexy voorkoms. “Ek voel ongemaklik daarsonder … Ek hou nie van myself sonder ’n baard nie.”

Wat dink jy van Jamie? Is hy jou Meneer Grey?

Die lokprent van die langverwagte film:

Bron: The Guardian