FOTO Facebook Wimbledon

FOTO Facebook Wimbledon

Het jy gehoor?

Wimbledon op almal se lippe

Vergeet eers van Brexit, dis tyd vir aarbeie en room en Wimbledon-tennis! Nou skuif ons ons reg vir twee weke van wêreldklastennis.

Hierdie week was gemengde nuus vir SA: Kevin Anderson is uit in die eerste ronde nadat hy deur die onbekende Denis Istomin van Oesbekistan in vyf stelle geklop is! Maar Roger Federer (ons eien hom mos ’n bietjie toe, want sy ma, Lynette, is van Suid-Afrika) is deur nadat hy die Franse Ope weens ’n rugbesering misgeloop het. Boonop het hy gister die skare se gunsteling, die Brit Marcus Willis wat nommer 772 op die wêreldranglys is en vir die toernooi moes kwalifiseer, geklop.

FOTO Facebook Wimbledon

FOTO Facebook Wimbledon

Dink ’n mens groot sport, kan jy nie anders as om gróót geld te dink nie. Hoeveel word die groot sterre betaal? En word die mans en vroue dieselfde betaal?

In Hollywood weet ons is die stryd nog aan die gang vir gelyke betaling vir mans- en vroue-akteurs. Charlize Theron is ’n voorste vegter hiervoor, en dis ook wat sy geëis het vir haar rol in Snow White and the Huntsman: 10 miljoen dollar soos dié van die fliek se mansakteur, Chris Hemsworth. Dan is Scarlett Johansson die enigste vrou onder die top-10 hoogsbetaalde lys van akteurs in die nommer 10 posisie. Die volgende vrou op Box Office Mojo se lys is eers in die 19de posisie.

Dís Hollywood; hoe lyk Wimbledon?

In 1970 het die Wimbledonse manskampioen weggestap met £3 000; die vrouekampioen se wengeld was net mooi die helfte. Sewe jaar later het die mansprysgeld vermeerder tot £15 000 teenoor die vroueprysgeld van £13 500.

In 2007 het die mans- en vrouekampioen die eerste keer gelyke betaling ontvang. En vanjaar? Elkeen gaan wegstap met ’n koel £2 miljoen. Uiteindelik! Game, set, match!

Bron: www.eighty20.co.za

Het jy geweet?

Brexit het wel ’n invloed op die tenniswêreld gehad. Donderdagmiddag was die dollarwaarde van die £2 miljoen-prysgeld nog byna $3 miljoen, maar teen Maandag het die dollarwaarde met $360 000 gedaal. Nie dat dit die groot sterre regtig finansieel behoort seer te maak nie!

Bron: www.cnbc.com

Lees nou

Almal praat oor Wimbledon se opwiprokkie

Tennisster Andy Murray word pa

GERUG: Serena Williams is verloof