Cara Delevingne FOTO: M.A.C

Het jy gehoor?

Model Cara Delevingne oor haar ‘lelike’ vel gespot

Die bekende model Cara Delevingne ly aan ’n veltoestand wat die einde van haar modelloopbaan kan beteken. Maar nadat sy negatiewe kommentaar hieroor ontvang het, het sy teruggekap.

Die velkondisie psoriase, wat vererger as jy onder druk is, veroorsaak sigbare rooi sere oral oor die lyf – iets wat moeilik is as dit jou werk is om goed te lyk. Mense het dié merke op Cara se lyf al in Februarie opgemerk, maar net gedink dit is gewone sere. Intussen moes sy swaar sluk aan onsensitiewe en ongevraagde kommentaar op ’n foto op haar Instagram-blad (foto onder). Van dié kommentaar was: “Genade! Kyk jou vel! Cara Delevingne, jy moet gaan bad!” en “Lelike bootse, lelike bene!”

Veltoestand kan einde van Cara se modelloopbaan beteken

Cara instagramFOTO: Instagram

Cara het  op haar Twitter-blad op dié kommentare reageer: “Ek sê wéér, ek ly aan psoriase. Dit is ’n velsiekte wat vlekke en merke op my vel los en ek gaan dit vir die res van my lewe hê. Ek kán negatiewe kommentaar hanteer, maar onthou net een ding: niemand is perfek nie. Aanvaar jou individualiteit, want dít maak wie jy is.

Bron: Express