Kate Moss Vogue 1998
Het jy gehoor?

Kate Moss en dogter pronk op Vogue

Praat van goeie gene! Dit is duidelik dat die supermodel Kate Moss se 13-jarige dogter, Lila Grace Moss Hack, reeds in haar ma se voetstappe volg. Dié twee pronk saam op die voorblad van Vogue Italia se Junie-uitgawe.

A photo posted by Vogue Italia (@vogueitalia) on

’n Voormalige liefde van Kate (42), die fotograaf Mario Sorrenti, het die swart-en-wit voorblad geskied waar Kate en Lila albei in swart Versace-uitrustings geklee is. Die foto vorm deel van die uitgawe se tema van “liefde” en “familie”. 

A photo posted by Vogue Italia (@vogueitalia) on

Lila is die supermodel se enigste dogter met Jefferson Hack. Hy is die medestigter en uitgewer van die Britse mode-tydskryf Dazed. Die paartjie was vanaf 2001 to 2004 saam.

Kate en Lila is nie die eerste ma-en-dogter-paar op Vogue se voorblad nie. Die veteraan-model Cindy Crawford (50) en haar 14-jarige dogter, Kaia Gerber, verskyn saam op die April-voorblad van Vogue Paris!

 

A photo posted by Cindy Crawford (@cindycrawford) on

 

Volgens Mirror is Cindy bekommerd dat Kaia die modewêreld so vroeg betree, want daar is soveel druk op modelle om maer en mooi te wees.

Op 14 is Kaia reeds ’n suksesvolle model. Sy is onlangs aangewys as een van die gesigte in Alexander Wang se nuutste veldtog.

Hier is nog ’n paar celeb-kinders wat na hul ma’s lyk:

Julianne Moore en Liv Freundlich

Reese Witherspoon en Ava Phillippe

Michelle Obama en Malia Obama

Bron: Mirror

Lees nou

Model Cindy Crawford word 50

Cindy Crawford se dogter volg in haar model-voetspore

Cindy Crawford – soos jy haar nog nooit gesien het nie