FOTO: Instagram 
stinasanders

FOTO: Instagram stinasanders

Het jy gehoor?

Model verloor duisende Instagram-volgelinge ná sy ‘regte’ foto’s deel

Die Britse-model Stina Sanders het meer as 3 000 van haar oorspronklike 13 000 Instagram-aanhangers verloor ná sy vir ’n week lank “onvleiende” foto’s gedeel het om ’n akkurater weergawe van haar lewe uit te beeld, berig People

Die brunet het vir 7 dae lank haar kenmerkende glansfoto’s (soos die een hierbo) van oorsese vakansies en modesessies opsy gesit en dit vervang met foto’s waarin sy haar bolip onthaar, wys hoe die naellak van haar toonnaels afdop en waar sy haar sielkundige besoek.

A photo posted by STINA SANDERS (@stinasanders) on

A photo posted by STINA SANDERS (@stinasanders) on

“Ek is pas klaar met ’n intense psigoterapie-sessie van 2 maande om my angsaanvalle te verminder en dit beter te hanteer … Depressie en angs is nie iets wat weggesteek moet word nie,” het dié foto se onderskrif gelees.

Volgens Huffington Post  Stina mense hou van die aspirerende aspek van sosialemedia-foto’s en almal hou nie daarvan wanneer die realiteit op Instagram uitgebeeld word nie. Tog het duisende mense haar geprys met kommentaar op haar foto’s: “Ek waardeer jou egtheid,” het een vrou geskryf.

Die aktrise en Revlon-ambassadeur Olivia Wilde is ook glad nie skaam om te wys sy is nie altyd opgedollie is nie. Celeb Buzz sê sy glo dit is belangrik om ’n holistiese, eerlike en dinamiese beeld van jouself op die internet te deel en nie net die glans nie, want dis onrealisties.

A photo posted by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

Bronne: People , Celeb Buzz en Huffington Post

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!