FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Modelwêreld wink vir Naas se dogter

Dit lyk asof Gaeby Botha, dogter van Naas en Karen Botha, ’n blink toekoms in die modelwêreld het.

Naas Botha oor sy rol in As jy sing

Dié 17-jarige aspirant-model van die Hoërskool Garsfontein in Pretoria het in Desember tweede gekom in die Suid-Afrikaanse tienerswembroek-kompetisie. Gaeby, wat ook ’n ster-hokkiespeler is, doen modelwerk by Model Management.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Kate Moss se kleinsus nou ook model

Met haar blonde hare en blou oë lyk Gaeby na enige modelagentskap se droom. Kyk net hoe mooi is dié middelkind van die oud-Springbok-rugbyspeler Naas en sy vrou, Karen, wat ook ’n SA verspringrekordhouer was!

Naas se spanmaat Rob Louw se dogter doen ook modelwerk

Sy verskyn ook op die omslag van Armand Hofmeyr se nuwe CD, Rug teen rug. Gaeby en Kayla van Wyk, wat die Suid-Afrikaanse tienerswembroek-kompetisie gewen het, is saam afgeneem om op dié omslag te wees, skryf Rapport.

Op Facebook is dié Gaeby se gunstelinge in die lewe

  • One Direction
  • Demi Lovato
  • Jay
  • Justin Bieber
  • Selena Gomez