FOTO: Instagram  arielwinter

FOTO: Instagram arielwinter

Het jy gehoor?

Modern Family-ster Ariel Winter verklein haar borste

In Hollywood is groter dikwels beter, maar die Modern Family-aktrise Ariel Winter verduidelik dat sy meer selfvertroue het ná sy haar borste laat verklein het, berig Huffington Post

Die 17-jarige se borste het “oornag gegroei”. Sy het toe besluit om vir die operasie te gaan en in ’n onderhoud met Glamour verduidelik sy: “Ek was 15 jaar oud met grootte F borste … My groot borste is amper al waarvoor ek bekendgestaan het en dit het my ontstel. Ek het baie ongemaklik gevoel, want vroue in die vermaaklikheidsindustrie word soms soos voorwerpe behandel.”

Ariel sê verder dat sy veral op die rooi tapyt baie bewus was oor haar borste. Sy het dikwels pyn gehad en dit het ook haar rolle beperk. Boonop was dit ’n uitdaging om klere te koop.

“Ek en my niggie wou swembroeke gaan koop, maar ek kon nie een kry wat vir my pas nie. Ek het die heeltyd gewonder: ‘Wat gaan ek aantrek? Daar is niks wat ek strand toe kan dra nie.’ Ek kon nooit dieselfde as my vriendinne aantrek nie.”

Ariel se borsgrootte is nou ’n 34D. “Dit is fantasties om uiteindelik reg te voel. Dit is hoe ek veronderstel is om te lyk.”

A photo posted by Ariel Winter (@arielwinter) on

Bronne: Glamour en Huffington Post

Lees ook