paramount
Het jy gehoor?

Moet-sien: 116 van Hollywood se gróótste name op een foto

As jy mooi kyk, sal jy ‘n hele paar glansmense herken: George Clooney, Charlize Theron, Mark Wahlberg, Sean Penn, Claire Danes, Adam Sandler, Kate Hudson en Richard Gere.

Paramount Pictures is die enigste ateljee wat nog Hollywood (die Los Angeles-buurt) sy “huis” kan noem. Dit is in 1912 onder die naam Famous Players Film Company gestig. Talle groot name het hier gewerk. In die 60’s het hulle, soos talle ander ateljees, begin stoom verloor. Maar die groot skip is omgedraai en hulle het rolprente soos Love Story, die eerste Godfather-fliek en Chinatown vervaardig.

Die volgende era vir Paramount Pictures was een van Groot Geld. Die Indiana Jones-prente het die dollars laat inrol. Hierna was dit flieks soos Titanic, Braveheart en Forrest Gump, wat almal boonop Oscars gewen het. En hulle maak vandag nog die een suksesprent na die ander.

Klik hier vir die foto