FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

MOET-SIEN: Sofía Vergara wys haar trouring

Die pasgetroude aktrise Sofía Vergara se 22-jarige seun, Manolo, het ’n foto van hom saam met haar en sy nuwe stiefpa, Joe Manganiello, op Instagram gedeel waarin haar nuwe trouring te sien is, berig E! Online.

Die ring is deur die juwelier Lorraine Schwartz ontwerp, wat ook die troue bygewoon het.

Sofía en Joe het op Kersdag verlede jaar verloof geraak met dié 7-karaat-verloofring:

In die foto wat Manolo die oggend ná die troue gedeel het, geniet hulle ’n ontbyt van reuse-wafels. Gaste wat tot 3:00 die vorige oggend gekuier het, kon ook hulself help by die tamatiekelkie-tafel. 

A photo posted by Javier Escobar (@javescobar) on

Manolo het ook die eer gehad om sy ma op die paadjie die kansel toe te vergesel.

Lees ook