Het jy gehoor?

Moet-sien! Susan Boyle onthul haar nuwe album

Met ‘n hand vol roerende treffers bewys Susan Boyle net weer hoekom die wêreld op haar stem verlief geraak het. Daar’s ou treffers en nuwe oorspronklike materiaal wat Boyle na aan die hart lê. Sy vertel dat ook haar liedjie-keuse deur briewe van aanhangers van regoor die wêreld geïnspireer is.

“Daar is sekere liedjies wat ek van hou wat gesoneer het met die briewe wat mense vir my geskryf het. En ek’t geweet dís waaroor my album moet gaan. Hulle het vir my geskryf oor hartseer tye en oor die liefde, en dit het my diep geraak. Die liedjies weerspieel hierdie emosies en lewensstories,” het Susan op haar webtuiste gesê.

Klik hier Susan Boyle se brief te lees

Liedjie-lys

1. You Have To Be There
2. Unchained Melody
3. Enjoy The Silence
4. Both Sides Now
5. Lilac Wine
6. Mad World
7. Autumn Leaves
8. This Will Be The Year
9. Return
10. Someone To Watch Over Me

  • cantabile

    Dit is wonderlike nuus. Ek is baie opgewonde oor Susan se nuwe CD en dink ons gaan almal verstom wees. Wat ‘n ongelooflike stem !! Uiteindelik is daar weer iemand in die popmusiek wereld wat werklik kan sing. Sy kan die telefoonboek sing en ek sal dit koop. En om alles te kroon het sy so ‘n mooi persoonlikheid – nederig en mensliewend.