FOTO: Facebook @
Dj_arch_jnr

FOTO: Facebook @ Dj_arch_jnr

Het jy gehoor?

MOET-SIEN: Twee kinders met talente wat jou sal verbaas

Jy sien nie elke dag kleuters wat uitstaande rotsklimmers of platejoggies is nie. Maar dié twee het egter talente wat jou mond sal laat oophang!

Kyk net hoe vernuftig klim die klein seuntjie ’n rotsmuur uit. Hy dink diep en beplan sy volgende beweging soos iemand wat dit al jare doen.

Willem Koen doen reproduksie vir SARIE. Wanneer hy nie in die kantoor is nie, is hy in die berge, want rotsklim is vir hom ’n groot passie. Hy het dié video gekyk en die volgende gesê: “Om goed te kan klim moet jy vroeg begin, maar wow, dié outjie begin baie vroeg!”

Die klein plategoggie, DJ Arch Jr. (3), het verlede week bekendheid verwerf in SA’S Got Talent toe hy die hele gehoor én die beoordelaars op hul voete gehad het met sy ritmiese musiek. Kyk hier die video, jy sal nie jou oë kan glo nie!

Lees ook