Het jy gehoor?

Monaco is mal oor …

Charlene Wittstock, die SA Olimpiese rugslag-swemmer, wat baie trek op prinses Grace Kelly, is sedert 2006 aan die sy van Prins Albert van Monaco. Hoor ‘n bietjie wat sê me. Laurence Cellario van die maatskappy Incentive Concept van Monaco (by ‘n ontbyt in die Mount Nelson Hotel in Kaapstad, aangebied deur die Monaco Government Tourist and Convention Authority): “Die mense van Monaco is mal oor Charlene. Sy is ‘n baie goeie verteenwoordiger vir Monaco. Sy is stylvol, elegant en het ‘n mooi persoonlikheid. Sy pas haar aan by die gebruike van die inwoners van Monaco. Sy het klas.”

 

Nou moet sy en die prins net tot trou kom, nè?

 

En fietse …

 

Én, hoewel Monaco ‘n gesogte bestemming vir Formule 1-renjaers en aanhangers van hierdie sport is, het fietsry-liefhebbers ook nou iets om na uit te sien. Die Tour de France-fietswedren spring vanjaar in Monaco weg. Op 4 en 5 Julie sal die mense van 180 lande kyk na een van dié grootste sportgebeurtenisse ter wêreld.