Kurt Darren en sy vrou, Dunay, is opgewonde oor hul eersteling se koms. Hier is hulle by die SARIE Voorbladgesig 2014-funksie FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Mooi foto van Kurt se Dunay – die tyd raak nou min vir baba

Kurt Darren se vrou, Dunay, se dae as ’n swanger vrou is byna verby. Dié paartjie word binnekort ouers!

Dunay en Kurt het dié foto’s op hul sosiale media-blaaie gedeel. En dit lyk of die opwinding groot is in dié huishouding om hul eersteling te verwelkom.

Kurt het onlangs in ’n onderhoud met SARIE gesê dat hy die meeste daarna uitsien om met sy dogter te dans. Hy vertel:

Ons eerste dans, met haar voetjies op myne. Ek wil my dogtertjie grootmaak met goeie maniere. Ek gaan meer verskonings soek om by die huis te bly. Dit beteken egter nie ek gaan vertonings afskaal nie. Dunay sal dit nooit van my verwag nie.

Lees ook