0J7A4926-1
Het jy gehoor?

Mooimaaksessie: Sandy Mariaye (26)

Die 26-jarige Sandy Mariaye is ’n ingenieur en woon in Kaapstad. Sy het gedink dat ’n mooimaaksessie pret sou wees.

2015-07-18_0003

Wat sê Sandy?

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap? 

My kaaklyn.

Wat het jy intussen wysgeraak?

Ek het geleer dat kort rokkies my pas.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel? 

Ja, beslis.

Wat het dié mooimaaksessie vir jou selfvertroue gedoen?

Ek het definitief meer selfvertroue en is nou gemakliker voor die kamera. Ek het regtig baie pret gehad.

0J7A4899-1

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Sandy het pragtige groot oë. Ek het haar wenkbroue met ’n oogskadu effens ligter as haar natuurlike kleur ingevul en sy was mal daaroor! Om haar voorkoms af te rond het ek ’n lipstiffie met ’n pers ondertoon gebruik om by die winterkleure van haar uitrustings te pas.

Stilis

Kobaltblou en dieprooi (marsala) is ’n wenner vir enige klerekas dié winter! Ons het vir Sandy ’n blou wintersrokkie en baadjie aangetrek. Die veelkleurige rokkie in skakerings van rooi en blou is perfek vir die winter, maar lyk steeds vrolik en vroulik.

Veronique Mills – fotograaf

Ek het Sandy se sessie baie geniet. Ons het ’n waaier gebruik om haar pragtige, reguit hare in die wind te laat waai. Dit vertoon baie mooi op die foto’s. Sandy het ’n reghoekige gesigsvorm, maar deur haar ken ’n bietjie af te hou en haar gesig na die kant te tilt, gee dit haar gesig ’n meer ovaalvormige voorkoms.

Alle klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 of info@glamourmakeovers.co.za