black
Het jy gehoor?

Kyk hoe lyk sy nou! Ons NIVEA-wenner

In die Maart-uitgawe van SARIE het ons vir jou en ‘n metgesel die kans gegee om ‘n spesiale mooimaak-wegbreek met NIVEA Deodorant Double Effect te wen.

Die prys was ‘n mooimaaksessie wat jou veel meer as veldiep bederf – ‘n konsultasie met ‘n voorkomskonsultant, spa-behandelings by die SunCoast Hotel & Spa, grimering en haarstilering, juwele, ‘n fotosessie, 2 nagte in ‘n luukse-suite in die SunCoast Hotel & Towers asook retoervlugte en etes vir twee.

Helene en Alastair Page van Port Elizabeth was toe die gelukkige paartjie, en hier’s ‘n uittreksel uit ‘n brief wat Helene gestuur het:

“My sincerest gratitude to NIVEA for making this makeover so life changing and enjoyable. Alastair and I would never in our lifetime have been able to enjoy such luxury. Being a single mom for so many years myself and the kids had to come by with the bare minimum. Therefore I believe the Master above had seen my hard work and rewarded me through NIVEA . . .”