Mooirivier
Het jy gehoor?

Mooirivier-klankbaan op die rakke

Die Mooirivier-klankbaan is uiteindelik op die rakke en beskikbaar by alle goeie musiekwinkels.

Die meeste van ons ken die storie van dié Afrikaanse fliek wat in Februarie vanjaar begin draai het: Dis Paastyd in Potchefstroom en ses paartjies ontdek waaroor die liefde werklik gaan.

Nou kan dié alles-in-een romantiese ensemble-film se klankbaan vir ewig joune wees. Die CD bevat nie net die oorspronklike musiek wat spesiaal vir die film geskryf is nie, maar ook liedjies deur plaaslike kunstenaars én ander bekende treffers.

Die Mooirivier-klankbaan het beslis iets vir almal: jonk en oud, Afrikaans en Engels. Kunstenaars sluit in Elvis Blue, Riana Nel, Dewald Wasserfall, Douvoordag, MonArk, Bouwer Bosch, Tim Theron, Joshua na die Reën, Janie Bay, Almarie du Preez, Moses Metro Man en nog vele meer!

Wees ook op die uitkyk vir die Mooirivier-DVD wat binnekort beskikbaar sal wees.

Die wedstryd

Jy kan ’n Mooirivier-klankbaan wen! Vul jou inligting onderaan in.

*Die wedstryd is nou gesluit.

 

Lees ook