Suzzi Swanepoel, Isabel Richert in die kykNET-reeks Sterlopers
FOTO: Facebook

Suzzi Swanepoel, Isabel Richert in die kykNET-reeks Sterlopers FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Aktrise & sangeres Suzzi Swanepoel deel haar lewenslesse

Sterlopers se Suzzi Swanepoel vier vandag haar 30ste verjaardag! En sy vertel aan SARIE.com hoekom hierdie mylpaal ekstra spesiaal is.

“Ek was nogal bang om 30 te word, want jy dink aan baie dinge – jou besluite, jou lewe …”, vertel aktrise Suzzi Swanepoel aan SARIE.com. Dié aktrise en sangeres vier vandag haar verjaardag saam met haar mede-spelers in die nuwe Afrikaanse fliek Mooirivier op haar geboortedorp, Potchefstroom.

Lees hier wat vang SARIE en Mooirivier op Potchefstroom aan.

Suzzi sê die grootse lewensles wat sy in haar 20’s geleer het, is om vir elke dag te lewe. “Wees wild. Lewe vir elke dag, want jy het net jou 20’s om lekker wild te wees, in jou 30’s moet jy soos ’n grootmens begin werk.”

“En ek begin nou besef as jy in jou 30’s ingaan, moet jy na jou liggaam kyk. Ek dink ons aanvaar ons liggaam en ons gesondheid as vanselfsprekend.”

Nóg ’n belangrike les wat sy geleer het, is om nooit jou drome op te gee nie. “Ek is al 12 jaar in die bedryf en ek het al soveel teleurstellings ervaar, maar ek het geval en opgestaan en nou probeer ek weer.”

En dis presies waaroor haar enkelsnit, “Ek Probeer”, wat nou op die radio speel, gaan. Kyk na die musiekvideo van dié lied hier.

Suzzi praat oor haar enkelsnit se sukses op Twitter

Lees ook