FOTO: Instagram  @roz_kelly

FOTO: Instagram @roz_kelly

Het jy gehoor?

Morné Morkel en Roz Kelly se eersteling gebore

Die Protea-bouler Morné Morkel en sy Australiese vrou, Roz Kelly, het verlede Donderdag hul eersteling verwelkom. 

Roz, ’n blogger en voormalige nuusleser, het die babanuus op ’n oulike manier met haar duisende Instagram-aanhangers gedeel.

Hul seuntjie, Arias Flynn Morkel, is op 3 September gebore.

Alhoewel die paartjie nog nie foto’s van hul kleinding gedeel het nie, is ons seker hy het sy ouers se goeie gene geërf.

Baie geluk Morné en Roz!

Lees ook