Het jy gehoor?

Mr Bean se dogter steel die kollig

Lily Atkinson (16) het die papparazzi aan die kliek gehad toe sy saam met pa Rowan en ma Sunetra Sastry, ‘n grimeerkunstenaar, op die rooi tapyt tydens die Londense première van Rowan se nuutste fliek, Johnny English Reborn, verskyn het. 

Sy was elegant in ‘n minimalistiese swart slooprokkie met prettige enkelstewels in luiperdvel, smeulende ooggrimering, oorgroot ronde oorbelle en ‘n sexy haredos!

Lily is self nie vreemd vir ‘n rolprentstel nie. Sy het ‘n rol in die 2007-fliek, Mr Bean’s Holiday, gehad.

KYK DIE VOORPRENT VAN JOHNNY ENGLISH REBORN

  • Joanne

    Sy kon tenminste haar hare geborsel het!

  • Venessa

    Wow, sy is stunning! Wys jou maar net weer, mooi ouers verseker nie mooi kinders nie – dit bleik die teenoorgestelde te wees! Hoop ons sien meer van haar in die toekoms.

  • Lize

    in ‘n "minimalistiese" swart slooprokkie…. Liewe ouers, ek dog dis ‘n afrikaanse tydskrif. Nog nooit van so ‘n woord gehoor nie. Gebruik tog asseblief beter beskrywende byvoeglike naamwoorde of anders moet ek my skoolgeld gaan terugvra.

  • helene

    Thought you will enjoy this

  • Sandra rossouw

    Mooie meisie! Rowan bekend vir Mr Bean,maar was ligjare beter as Blackadder en Inspector Fowler.